Tesourie

Gerrit Blignaut
Hoof Finansiële Beampte
Ana da Silva
Sekretaresse

BAIE DANKIE

Dit is die Tesourie se eer om die hulpbronne wat van God se getroue kinders kom, te ontvang en te versprei na verskillende bedieninge wat dan God se liefde en woord in ons omgewing help versprei.

Hierdie fondse en geskenke stel ook die kerk familie in staat om te groei en ontwikkel.

Welwillendheid is die middelpunt van die hemelse regering, en dit word in die kerk voorgestel. Selflose geskenke en hulpbronne vloei uit God se kinders, wat die liefde van God uitbrei na meer en meer plekke.

Onthou die woorde van die Here Jesus, toe Hy self gesê het: “Dit is meer geseënd om te gee as om te ontvang” Handelinge 20:35.

Alle eer aan God vir Sy deurlopende voorsieningheid en seën; sonder Hom sal ons werk tevergeefs wees. Ons is bevoorreg om saam met so ‘n bekwame span te werk wat die ekstra myl gaan. Meestal, ‘n groot dankie aan al die Noordelike Konferensie kerklidmate wat ‘n getroue tiende en vrywillige offer gee om die Here se werk te onderhou.

 

FINANSIELE VERSLAG 2016 – 2018

 

KORT VERSLAG TEN EINDE 2016

Prys die Here: die Noordelike Konferensie is deur die laaste 3 jaar geseën ten spyte van die ekonomiese klimaat.

1. Inkomstegroei oor 3 jaar
Gedurende die afgelope drie jaar het die netto bedryfsinkomste (na tiende deel aan die hoër organisasie
en krediete aan skole) met 47% toegeneem.

2. Kapitaalaanwas: Behuising
Die aankoop van 6 huise en die verkoop van 2 bring die aantal pastorieë tot 49.

3. Kindersentrum
‘n Kindersentrum met 10 klaskamers is in 2015 voltooi.

4. Sedaven Landgoed
Watertoevoer:  Die Noordelike Konferensie het ‘n 2 miljoen liter opvangdam op die landgoed gebou om genoegsame water te verseker.
Elektrisiteit: Noodsaaklike elektriese opgraderingswerk met 1 mini-substasie daarbenewens.

5. Evangelistiese Pogings
Ons Noordlike Konferensie kerke het 164 evangelistiese veldtogte uitgevoer en die Konferensie het hulle met ‘n bedrag van R3.67 miljoen bystaan.

6. Kerk Bouprojekte
Finansiële bydraes van R4,72 miljoen is gemaak aan 34 kerke en 1 skool vir bouprojekte en die aankoop van eiendomme. ‘n Verdere R15,9 miljoen is aan kerke geleen om hulle te help met die beveiliging van eiendomme of as hulp met bouprojekte.

Aflaai

Finansiele Verslag 2016-2018
SDA Kwitansies Sagteware
Treasurer Training Manual
Tesourier Opleiding Handleiding
Cash Book Master (Excel)
Tithe and Offering Control (Excel)
Tithe and Offering Control (PDF)
Tiendes Offergawe Kontrole (PDF)
Tithe Remittance (Excel)
Tiende Oorbetaling (Excel)
Cheque EFT Requisition Form (PDF)
Tjek EFT Aanvraag (PDF)