Strategiese Plan 2020-2022

God het Planne

Jer. 29:11 – “Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die Here, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ‘n hoopvolle toekoms te gee.”


Ek Sal Gaan

Volgens die Groot Opdrag, die Wêreldkonferensie se "I Will Go" inisiatief en 'n begrip van ons plaaslike uitdagings, sit die NKSA hiermee sy doelstellings vir 2020-2022 en verder, uiteen.


Kern Strategiese Areas vir 2020 - 2022

  1. Missie: Sendingbeweging
  2. Opvoeding: Opvoedkundige Voortreflikheid
  3. Digitalisering: Digital Aflewering


Area 1: Missie

Die NKSA is geesdriftig daaroor om mense na Christus te lei, hulle toe te rus en hulle versorg om dissipels te word wat 'n las het om die Drie Engele Boodskappe liefdevol te deel.


Area 2: Opvoeding

Die NKSA glo in die herstel van God se beeld in die mens deur opvoeding, en is verbind om kwaliteitskole te bedryf wat finansieël volhoubaar is.


Area 3: Digitalisering

Die NKSA glo daarin om tegnologie te benut, in ooreenstemming met verskuiwings in die samelewing, doelmatigheid, doeltreffendheid, kostebesparing, beter diens, aanspreeklikheid, behouding van korporatiewe intelligensie, ens. - alles met die doel om sending te versterk.


1. Missie

Die NKSA is geesdriftig daaroor om mense na Christus te lei, hulle toe te rus en hulle te versorg om dissipels te word wat ‘n las het om die Drie Engele Boodskap liefdevol te deel.

Doelstellings:

a. Rus 200 lekeleiers toe as sleutel sendingaandrywers en bemagtig hulle:

    • Beide teoretiese en praktiese opleiding moet aangebied word
    • Gemik op plaaslike leiers en lidmate
    • Sommige areas om gedek te word: Hoe om ‘n evangelistiese kalender te beplan, besoek, help lidmate om gawes te ontdek, om doeltreffende vergaderings te hou, hoe om ‘n gebedsbediening tot stand te bring, klein groepies te lei, om gesondheidsevangelisasie te doen, ens.

NKSA Kördineerder: Glen Smithwick, Konferensie Evangelis 

b. Vestig 150 holistiese (weeksdag) klein groepies:

    • Hierdie is verhoudingsmiddels om persoonlike geestelike groei te bevorder, ledebetrokkenheid, sendingpoging, en behouding van lidmate.
    • Doel om ten minste een groep per kerk te vestig.

NKSA Koördineerder: Lr. Corrie Venter, Persoonlike Bedieninge Direkteur (Afrikaanse Kerke)

c. Gee ten minste 5 000 volle reekse Bybelstudies om persone voor te berei om dissipels van Christus te wees:

    • Verskeie middels om gebruik te word soos aanlynstudies, studies wat afgelewer word, studies waar persone saam sit, plaaslike Bybelskole, WhatsApp studies, ens.

NKSA Koördineerder: Lr. Corrie Venter, Persoonlike Bedieninge Direkteur (Afrikaanse Kerke)

d. Bied dissipelskapprogramme aan om 100% behouding en groei van alle gedoopte lidmate te verseker:

    • Hierdie kan bereik word deur ons nuwe lidmate liefdevol te versorg, hulle te besoek, hulle in klein groepies te betrek, hulle aktief betrokke te kry in evangelisasie, aanbieding van kookklasse, sosiale geleenthede, ens.
    • Opleiding en persoonlike raadgewing moet gekombineer word

NKSA Koördineerder: Lr. Shandrell Penniken, Persoonlike Bedieninge Direkteur (Engelse kerke)

e. Plant 50 nuwe kerke, insluitende huiskerke:

    • Identi9seer areas, span saam, en koördineer die groei van God se koninkryk in nuwe gebiede

NKSA Koördineerder: Lr. Les Thyssen, Ministeriële Sekretaris

f. Verhoog tiendes en offergawes met 20% oor die volgende 3 jaar (2021-2023) om ‘n sterk grondslag vir bediening en sending te verseker

    • Subdoelstelling: Bereik 90% kerkinbetalings teen Desember 2021 en 100% teen die einde van 2022

NKSA Koördineerder: Tony Neerings, Hoof Finansiële Beampte

 

————————-

2. Opvoeding

Die NKSA glo in die herstel van God se beeld in die mens deur opvoeding, en is verbind om kwaliteitskole te bedryf wat 9nansieël volhoubaar is.

Doelstellings

a. Verhoog inskrywings met 10% jaar na jaar:

‘n Verhoging in inskrywings is ‘n produk van ‘n skool gebaseer op uitstekende geestelike, besigheids- en bestuursbeginsels.

b. Doeltreffende insameling van gelde, aanvanklik gemik op 90% per jaar:

  • Implementeer en bestuur doeltreffende invorderingstelsels
  • Doelstelling is om alle gelde binne ‘n jaar in te samel

c. Behou 95% van personeel:

Stelsels moet in plek geplaas word om maksimum
personeelbehouding te verseker

NKSA Koördineerder: Judith Hlanze, Onderwys Direkteur

 

————————-

3. Digitalisering

Die NKSA glo daarin om tegnologie te benut, in ooreenstemming met verskuiwings in die samelewing, doelmatigheid, doeltreffendheid, kostebesparing, beter diens, aanspreeklikheid, behouding van korporatiewe intelligensie, ens. – alles met die doel om sending te versterk.

Doelstellings

a. Om ‘n Digitalisasie Bestuurder in plek te hê teen Maart, 2021 om die NKSA se digitale dryfkrag te bevorder en ondersteun

b. Skep ‘n gesentraliseerde middelpunt vir weeklikse aanbiddingsdienste teen Junie 2021

c. Digitaliseer alle NKSA departemente en entiteite teen Desember 2021

NCSA Co-ordinator: Pr. Jaco Jordaan, Communications Director

 

Kritiese Nota: Elke kerk behoort ‘n ‘gebedstrategie’ uiteen te sit as deel van hulle strategiese plan implementering. Sonder ernstige en doelgerigte gebed, sal al ons poging om te probeer om ons strategiese doelstellings te bereik, min of geen resultate lewer.

 

Downloads

 


Kalender

PDF Kalender