President

Ler Rambelani Peter Maligudu
President
Adele vd Merwe
Sekretaresse vir die President

Ons Missie

Die Missie van die Noordelike Konferensie van Sewededag Adventiste in Suid-Afrika:

  • Maak Christus-gesinde dissipels van alle mense.
  • Leer gehoorsaamheid aan alles wat Jesus beveel het.
  • Rus hulle toe om die drie-engele-boodskap te verkondig ter voorbereiding van Jesus se wederkoms.

Ons Visie

Leef Evangelisasie As Dissipel deur die krag van die Heilige Gees.

Wat ‘n voorreg vir elke gelowige om hierdie missiestelling nie net teoreties op papier te lees nie, maar ook om dit daagliks prakties uit te leef. Dit is en bly ons grootste getuienis ten gunste van God en sy koninkryk. Ek vertrou dat dit u ervaring sal wees terwyl u sonder versuim in God se wingerd arbei.

Waardes

  • Gebed
  • Dissipelskap
  • Aanspreeklikheid
  • Kommunikasie
  • Integriteit
  • Respek
  • Eendrag
  • Deernis
Gebed Ons koester persoonlike, korporatiewe en omskeppende gebed en voorbidding wat, onder leiding van die Heilige Gees, al ons bedrywighede deurdrenk.
Dissipelskap Ons koester die Leef Evangelisasie As Dissipels inisiatief as ons kern getuienismetode.
Aanspreeklikheid Ons koester aanspreeklikheid en aanvaar verantwoordelikheid vir die gevolge van ons dade.
Kommunikasie Ons koester doeltreffende, vrymoedige, eerlike en pertinente kommunikasie op alle vlakke van ons organisasie.
Integriteit Ons koester integriteit getoon deur eerlikheid, opregtheid, regverdigheid en sterk morele waardes.
Respek Ons koester respek vir die behoeftes, gevoelens en menings van alle mense deur hulle op ‘n positiewe wyse te hanteer.
Eendrag Ons koester eendrag te midde van verskeidenheid deur die aanmoediging van spanwerk en die nastrewe en bevordering van versoeningsbediening.
Deernis Ons koester deernis deur Christelike liefde en welwillendheid aan te neem.