Baanbreker Bediening

Ler John Africa
Direkteur
Michelle Garrido
Sekretaresse

Voorslaggies

Meer as een miljoen kinders regoor die wêreld het al een van die lekkerste klubs wat ooit geskep is, ontdek. Die Voorslaggieklub is ontwerp om ouer-kind verhoudings vir kinders tussen die ouderdomme van 4-9 jaar te versterk; gespesialiseerde weeklikse aktiwiteite voorsien in die sielkundige behoeftes van hierdie ouderdomsgroep. Terselfdertyd word ouers die geleenthede gegee om ouerskapvaardighede te leer en spesiale aktiwiteite met hul kinders te geniet.

Leierskap

Die vrywillige leierskap woon spesiale opleidingsessies by ten bate van die fokus van die Voorslaggieklub op die versterking van die ouer-kindbande te beklemtoon, en beide ouers en kinders in staat te stel om hul verhouding met God te verstaan.

Aktiwiteite

Elke kind word aangemoedig om aan alle aktiwiteite deel te neem en ouers / voogde word saam met hul kind opdragte gegee. Daar is baie ouderdomsuitdagende aktiwiteite op die Voorslaggie-spyskaart: dit wissel van speletjies en buitelugaktiwiteite tot natuur ontdekkings en familie kampe, velduitstappies en gemeenskapsdiensprojekte. ‘n Vyf-vlak, ouderdomspesifieke kurrikulum word gekombineer met ongeveer 80 gespesialiseerde toekennings in die kategorië van kunsvlyt, natuur, ontspanning, geestelike ontwikkeling en huiskuns.

 

Baanbrekers

Diegene wat met die Baanbrekerklub vertroud is, herroep herinneringe van marsjeer, kampeer, stokperdjies, insekte en vlermuise. Die dubbele doelwitte van hierdie klub is nie net om elke kind tussen 10 en 15-jarige ouderdom se blik op die wêreld te verbreed nie, maar ook om ‘n persoonlike verhouding met God te bou.  Daar is sowat 2 miljoen lede regoor die wêreld en hierdie klub, geborg deur die Sewende-dag Adventiste Kerk, aanvaar enige jeug wat belowe om die Baanbreker gelofte en wet te gehoorsaam, ongeag hul kerkverband.

Leierskap

Die vrywillige leierskap, vaardig in ‘n magdom van ongewone vermoëns en belange, is eerstens sterk gelowiges in Jesus Christus en is seker van die pad wat hulle na die ewige lewe neem. Hulle beskou die Baanbrekerklub as ‘n eksperimentele laboratorium waar groei en leer sinoniem is met pret. Alhoewel mislukking nie verwag word nie, word alle aktiwiteite as opvoedkundige geleenthede gesien.

Aktiwiteite

Die verbeeldingvermoë is die hoofsaaklike beperkende faktor van ‘n klub se sukses. Verskeie aktiwiteite word aangemoedig: van gemeenskaps- en burgerlike diensprojekte, tot natuur- en omgewingsbewaringstudies. Die Baanbreker bediening lok die unieke talente van elke lid uit. Baanbrekers is gebou op ‘n ouderdomspesifieke kurrikulum van ses vlakke, gepaard met ongeveer 350 gespesialiseerde vaardighede, insluitend kunsvlyt, watersport, natuur, huishoudelike kuns, ontspanning, geestelike ontwikkeling, gesondheid en beroepsopleiding. Dit dien dikwels as ‘n beginpunt vir toekomstige loopbane of lewenslange stokperdjies.

Moet nie wag om u klub te begin nie.  Kontak ons so gou moontlik.

Fotos

Dokumente

TypeDrawer/FileDate ModifiedSize

dir
APLA    

dir
Adventurers    

dir
Masterguide    

dir
PLA    

dir
Pathfinder    

pdf
Y COM Constitution Junior Youth 2017 09:56 02/04/20204.1M

Volg ons op ons eie webblad (Klik op die logo hier onder)