Gesondheidsbediening

Connie Penniken
Direkteur
Cleo Thotolo
Sekretaresse

OM GESOND TE LEWE

Die Sewende-dag Adventiste Kerk erken die outonomie van elke individu en sy of haar God-gegewe mag van keuse. In plaas daarvan om op gedragstandaarde aan te dring, staan Adventiste onder beroep na positiewe voorbeelde van God se liefde en sorg.

Die wêreld word al hoe sieker en ekonomieë word wêreldwyd daardeur geraak. As ‘n geloofsgebaseerde oragnisasie met ‘n unieke gesondheidsboodskap kan ons help om nie-oordraagbare siektes onder andere te verminder.

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO):”

  • 40 miljoen mense sterf jaarliks as gevolg van nie-oordraagbare siektes; dit is gelykstaande aan 70% van alle sterftes wêreldwyd.
  • 15 miljoen van daardie sterftes vind plaas tussen die ouderdomme van 30 en 69 jaar; meer as 80% van hierdie “voortydige” sterftes kom voor in lae- en middelinkomste lande.
  • Kardiovaskulêre siektes die grootste oorsaak van hierdie sterftes (17.7 miljoen mense per jaar), gevolg deur kankers (8.8 miljoen), respiratoriese siektes (3.9 miljoen) en diabetes (1.6 miljoen).
  • Hierdie vier groepe siektes verteenwoordig meer as 80% van alle “voortydige” nie-oordraagbare siekte sterftes.
  • Tabakgebruik, fisiese onaktiwiteit, die skadelike gebruik van alkohol en ongesonde dieet verhoog die risiko om aan ‘n nie-oordraagbare siekte te sterf.
  • Bespeuring, toetse en behandeling, asook palliatiewe sorg, is die sleutelkomponente van die hantering van nie-oordraagbare siektes.

Ons kerke moet sentrums van hoop en genesing word waar gesondheidsprobleme aangespreek kan word en opvoeding verskaf word oor die voorkoming van allerlei siektes in ons gemeenskappe.

“Mediese sendingwerk is die regterhand van die evangelie. Dit is nodig vir die vooruitgang van die saak van God. Elke stad moet betree word deur werkers wat opgelei is om mediese sendingwerk te doen. As regterhand van die Drie Engele boodskap sal God se behandeling van siektes deure open vir die verspreiding van die waarheid. “- 7 Getuienisse, 59.

Missieverklaring

Die doel van die Noordelike Konferensie Gesondheids Departement is ​​om bewustheid van holistiese gesondheidsbeginsels onder kerke te skep sodat hulle hul gemeenskappe se behoeftes beter kan voorsien. Dit sal hoofsaaklik bereik word deur verrykende opleidingskursusse, toepaslike bronne en tydige kommunikasie. Al hierdie pogings is daarop gerig om evangelisasie te fasiliteer, en om gesonde, gebalanseerde en dissipels vir God se koninkryk voor te berei.

Visie

Dat kerke plekke moet word waar gemeenskappe om raad vra betreffende gesondheid, ondersteuning en sorg.
Dat kerke goed toegerus en opgelei word aangaande gesondheidsake, sodat hulle gereeld effektiewe gesondheidsuitstallings kan bestuur, gesondheidsbeginsels kan oordra, toepaslike lewensstyl praatjies kan hou, opvoedkundige kookklasse kan aanbied, verslawings kan help voorkom, MIV-bewustheid en -ondersteuningsgroepe kan skep, ens.
Om te sien hoe mense Christus as gevolg van helderder verstande, gesonder liggame en verrykte lewens aanvaar.

Wat bied ons as die NK Gesondheidsbediening Departement ons kerke aan:

  • Rookstaak opleiding
  • Maandelikse F5 uitdaging
  • Inligting aangaande ​​Depressie
  • Inligting aangaande ​​MIV / VIGS
  • Stigting van ondersteuningsgroepe
  • Inligting aangaande ​​​​Verslawing
  • Plantgebaseerde kookklasse
  • Basiese Mediese Sendingopleiding
  • Gesondheids Uitstalling Opleiding
  • Gesondheids hulpbronne

 

NK Gesondheidswebwerf: www.nchealth.co.za

Kerke moet georganiseer word behoort onder geen omstandighede hulself van die mediese sendingwerk te skei nie. Die mediese sendingwerk behoort ook nie van die evangeliebediening geskei te word nie. Wanneer dit egter plaasvind, bly elkeen ‘n eensydige bediening; nie een funsioneer as ‘n volledige geheel nie. 1 SM 112

Fotos