Kinderbediening

Ons Missie

Die doel van die Kinderbediening Departement is om kinders op te voed in ‘n liefdevolle, dienende verhouding met Jesus.

Ons poog om ons missie te vervul deur die volgende te ontwikkel:

  1. Genade-georiënteerde bediening, waarin alle kinders die onvoorwaardelike liefde van Jesus sal ervaar, versekering van aanvaarding en vergifnis vind, en ‘n verbintenis tot Hom sal vestig en hul geloof sal ontwikkel.
  2. Inklusiewe bediening, waarvolgens die vrywillige dienaars en die kinders wie hulle bedien, gewaardeer en betrokke sal word, ongeag ras, kleur, taal, geslag, ouderdom, vermoëns of sosio-ekonomiese omstandighede;
  3. Leierskap bediening, waarin vrywilligers bemagtig, opgelei en toegerus word vir effektiewe kinderbediening;
  4. Diensgeoriënteerde bediening, waarin kinders geleenthede kry vir diens aan mense in hul omgewing of stad, wat gewoonte van uitreik vir ander kan skep;
  5. Meewerkende bediening, wat behels dat daar in vennootskap met ander deparatemente gewerk word, byvoorbeeld Gesinsbediening, Sabbatskool en Rentmeesterskap, om ouers te ondersteun en te help om die geloof van hul kinders te ontwikkel.
  6. Veilige bediening, waarvolgens ons kerke voorsorgmaatreëls tref om kinders teen fisieke, emosionele en geestelike misbruik te beskerm, vrywilligers met hoë geestelike en morele waardes te kies, en om die kerk se skuldpligtigheid  te verminder; en,
  7. Evangelisasie bediening, waarin kinders wat nog deur die kerkfamilie toegevou word nie, bekendgesteld sal word aan die liefde van Jesus deur uitreikprogramme soos Vakansie Bybelskole, Kinder Tak-Sabbatskole, Buurt Bybel klubs en Storie-ure.

Ons Filosofie

Kinderbediening fokus op die geloofsontwikkeling van kinders vanaf geboorte tot veertienjarige ouderdom. Terwyl die Sabbatskool een keer per week vir godsdiensopvoeding voorsiening maak, kyk Kinderbediening na die kind as geheel en poog om verskeie bedienings te voorsien wat kinders na Jesus en ‘n daaglikse wandeling met Hom sal lei.

Die Bybel sê uitdruklik dat kinders baie spesiaal vir God is. As u ondersoek instel oor wat die Bybel sê, sal u heelwat kommentaar oor kinders vind:

  • Kinders is ‘n gawe van God. Hy gee kinders aan ouers as ‘n spesiale teken van liefde en
    persoonlike vervulling (Deut. 7:13; Ps. 127: 3).
  • Kinders is wenslik. Met die skepping het God ons opdrag gegee om kinders te baar (Gen. 9:7; Deut.6:3).
  • Kinders bring vreugde en seëninge. God gee baie voordele aan ouers deur ouerskap (Num. 5:28; Deut. 28:4,11).
  • Kinders moet geleer word hoe om ‘n verhouding met God te ontwikkel. Een van ons grootste uitdagings is om ons geloof en begrip van God aan ons kinders oor te dra (Ex. 12:26,37; Deut. 6:1-7; Spr. 22:6).
  • Kinders is so waardevol vir God dat Hy ons beveel om hulle te beskerm. Ouers moet die geestelike en fisiese veiligheid van hul kinders verseker (1 Sam. 20:42; Esra 8:21).
  • Weens Sy liefde vir kinders, verseker God dat hulle dissipline ontvang (Spr. 3:11-12; 13:24; 19:18; Ef. 6:4).
  • God geniet die natuur en persoonlikheid van kinders en vra volwassenes om by hulle te leer. Die Skrif identifiseer eienskappe soos opregtheid, nederigheid, eenvoud en vertroue as eienskappe wat in kinders voorkom, en God koester hierdie eienskappe (Matt. 18:3; 19:14; Fil. 2:15).

“As kinders sóveel vir God saak maak, dan moet hulle sóveel vir ons saak maak.”


VBX

‘n Lys van die stories van elke dag (Kliek op die dag om die PDF af te laai)

Dag 1


God het my lief 28 maniere

Lys van lessies (Kliek op die lessie se naam om die PDF af te laai)

Les 1:  God Skryf aan My

Les 2:  Een Plus Een Plus Een

Les 3:  My Vader in die Hemel

Les 4:

Les 5:

Les 6:  God het My Gemaak

Les 7:

Les 8:  Die Groot Stryd

Les 9:  ‘n Gelukkige Môre

Les 10:

Les 11:  Ek kan Soos Jesus Wees

Les 12:  Een Groot Gelukkige Familie

Les 13:  Die God Geroep


Week van Gebed

Kliek op die skakel om die dokument oop te maak

Dag 1
Dag 2
Dag 3
Dag 4
Dag 5
Dag 6
Dag 7
Dag 8
Dag 9
Dag 10

Fotos