Uitgewersdepartement

Elijah Maanzo
Direkteur
Claudia Labuschagne
Sekretaresse

Dink u Daaraan om ‘n Literatuurevangelis te Word?

Die Uitgewersdepartement wil u graag mobiliseer as deeltydse of voltydse werwer in sendingwerk van die hoogste orde. U sal die voorreg hê om deel te word van die mees heilige werk wat direk gevestig en volgehou word deur God, en wat krities was in die baanbrekerswerk van die Adventbeweging:

“Die kolporteerwerk is deur God verordineer as ‘n middel om die lig wat in ons boeke vervat word aan die mense voor te lê … Dit is presies wat die Here wil hê dat Sy volgelinge op hierdie tydstip moet doen. Almal wat hulle aan God wy om as kolporteurs te werk, help om die laaste waarskuwingsboodskap aan die wêreld te gee. Ons kan hierdie werk nie oorskat nie; want sonder die pogings van die kolporteur sou baie nooit gewaarsku word nie” (Die Leesstofbediening, bl. 6).

Filosofie

Die uitgewerswerk, wat deur James en Ellen White ontwikkel is, selfs voor die Sewende-dag Adventiste Kerk ‘n naam of organisasie gehad het, is georden om ‘n prominente rol te speel in die voorbereiding van die ewige evangelie aan die wêreld ter voorbereiding vir die wederkoms van Jesus.

Visie

Om te verseker dat ons boeke, wat hoop vir mense bring, in elke huis geplaas word.

Missie

As mede werkers saam met Christus, bestaan ons om mans, vrouens en kinders te inspirer en te bemagtig om vir Jesus te leef en onderleiding van die Heilige Gees, ons invloed en boeke te gebruik om mense te bemoedig om ‘n lewenskragtige en betekenisvolle verhouding met ons Hemelse Vader te hê.

Sommige voordele van ‘n literatuur-evangelis word

  • U sal self-ondernemend wees, dit wil sê, u sal die vryheid hê om u eie tyd te beheer
  • U sal die voorreg hê om God se drie-engele-boodskap met die wêreld te deel
  • U kan ‘n baie ordentlike leefstyl handhaaf as u hard en deeglik werk
  • U het die begeleiding van engele
  • U werk skep direkte geleenthede vir Bybel studies en die doop van nuwe lidmate
  • U het geleenthede vir groei binne die stelsel
  • Afhangende van jou vlak en die hoeveelheid ure wat u gewerk het vir die jaar, kan u die volgende voordele ontvang:
    • Nood mediese hulp
    • Versekering teen toevallige dood en ongeskiktheid
    • Bydraes tot ‘n uittredingannuïteitfonds

Kwalifikasies

  • ‘n Gedoopte lid van die SDA-kerk in goeie toestand
  • ‘n Werkpermit hê (indien nie Suid-Afrikaans nie)
  • ‘n Liefde vir siele
  • Onselfsugtigheid en selfopoffering aan die dag lê
  • Hardwerkend en deeglik
  • Nederig en leerbaar
  • Eerlik
  • Volhardend en optimisties
  • Goeie fisiese, emosionele en verstandelike gesondheid hê
  • Aanvaarbaar in kleredrag en gedrag

As u voldoen aan die bogenoemde kwalifikasies, dan sal ons graag van u wil hoor.  U kan ‘n groot impak maak op God se werk!

Moenie net hierdie werk doen omdat u werkloos is en dringend ‘n werk moet kry, dit is ‘n roeping!  Dit neem baie harde werk en vasbeslotenheid – maar die beloning is wonderlik!

As God met u praat oor die Leesstofbediening, skakel gerus die Noordelike Konferensie se Uitgewersdepartement op 011 616 6800 of stuur vir ons ‘n e-pos na publishing@nc.adventist.org.

Getuienisse van Leesstofbedienaars

Ek is ‘n Adventis gebore, en wou altyd vir die Here werk. Die Here het my dan vir die evangelisasie van letterkunde geroep en dit was die beste besluit wat ek kon gemaak het. In die Sabbatskool het ek van God geleer, maar in die letterkunde het ek God ervaar.
Jannie Schoeman, Literatuur Evangelis vir meer as 30 jaar

Ek, as ‘n Literatuur Evangelis, glo dat dit ‘n heilige geleentheid is om God se liefdesbriewe in die lewens van baie mense buite die kerk se bereik te plant.  Dit beteken ook om mense voor te berei om ons Verlosser te ontmoet wanneer Hy ons binnekort sal kom haal.
Shaylin Janse, Literatuurevangelis vir meer as 1 jaar

Wanneer ek in die veld uitgaan, wys God my die mense uit wat vrae het waarvoor ek die regte boeke beskikbaar het.  Dit is vervullend om siele uit die donker te red en hierdie mense te help om, in genootskap met God, die Waarheid, deur ons geinspireerde literatuur, te aanvaar.  Dit is ‘n riem onder die hart om te sien dat, as gevolg van ons boeke, my kliënte geestelike en leefstyl veranderinge maak.
Marvellous Mphoshi, Literatuurevangelis vir meer as 5 jaar

NKSA Literatuur Bediening Kweekskool 1 (Engels)

Skakels

Huis, Gesondheidsopvoedkundige Dienste (HHES)

2019 Publikasie Datums

Pub. Leiers Week van Gebed 4-8 Feb; 4-8 Mar; 1-5 Apr; 6-10 Mei; 3-7 Jun;  1-5 Jul; 5-9 Aug; 2-6 Sep; 7-11 Okt; 4-8 Nov:
Pub. Leiers Mtgs 17 Jan; 7 Feb; 7 Mar; 11 Apr; 9 Mei; 13 Jun; 11 Jul; 8 Aug; 12 Sep; 10 Okt; 7 Nov; 5 Des
Pub. Kombineeer 28 Mar; 27 Jun; 26 Sep; 28 Nov; 5 Des
LE Combines 21 Jan; 15 Apr; 15 Jul; 14 Ost
Stanborough Press Produkte Opleiding 24 Feb (deeltyds & voltyds LEs)
Entrepreneuriese/Finansiele Opleiding 3 Mar (deeltyds & voltyds LEs)
LMS 2 Opleiding 11-14 Mar; 19-22 Aug
Sosiale Media Opleiding 24 Mar (deeltyds & voltyds LEs)
Inpak Dae 27 Apr; 21 Sep
Uitgewers Gebeds Dae  18 May; 19 Okt
Groot Stryd Verspreidings Maand  Aug
Familie Pret Dag  29 Sept
Strategiese Beplanning 2020 (vir Leiers)  19-21 Nov
SID Pub. Kongres  9-13 Des
Trolley Dash  15 Des

Dokumente om af te laai

Aansoek vorm
Kerk aanbeveelings vorm
Uitgewers Week van Gebed Preke (In Engels)
Colporteur Ministry (deur Ellen White in Engels)

Fotos